Nie elke sonkrag installeerder behoort by Sonop Solar nie

Nie elke sonkrag installeerder behoort by Sonop Solar nie.
Want nie elke installeerder bou sy besigheid op dieselfde waardes nie.
Ons soek nie installateurs wat net die goedkoopste pryse jaag nie.
- Ons soek professionele mense wat verstaan dat hul reputasie op elke installasie gebou word.
- Mense wat weet dat ‘n kliënt nie net ‘n inverter koop nie – hulle koop vertroue.
- Professionele installeerders verstaan dat die werk nie eindig wanneer die stelsel aangeskakel word nie.
Dis juis waar die regte ondersteuning begin.
By Sonop Solar koop jy nie net produkte nie.
Jy kry toegang tot ‘n span wat self vir meer as tien jaar sonkragstelsels geïnstalleer het voordat ons ‘n groothandel geword het.
Ons verstaan die uitdagings op die dak, op die terrein en by die kliënt omdat ons dit self beleef het.
Ons verkoop nie net die produkte wat ons vertrou nie ons ondersteun die mense wat hul reputasie daarop bou.
Dis hoekom ons voorraad aanhou.
Dis hoekom ons tegniese ondersteuning bied.
Dis hoekom ons opleiding aanbied.
Dis hoekom ons steeds die foon antwoord lank nadat die faktuur betaal is.
As jy glo dat kwaliteit altyd belangriker is as die goedkoopste prys, dan praat ons dieselfde taal.
Want professionele installateurs koop nie net produkte nie.
Hulle kies ‘n vennoot.
Sonop Solar
Verspreiding. Ondersteuning. Opleiding.
- Premium sonkragprodukte vir professionele installateerders
- Tegniese ondersteuning deur mense wat self installeerders was
- Opleiding en produkkennis
- Betroubare voorraad en vinnige aflewering
- Sonop Solar Approved Installer-netwerk
🌐 www.sonopsolar.co.za
📧 info@sonopsolar.co.za
#DieProfessioneleInstalleerder #SonopSolar #Sonkragverskaffer
